Gaan Paul Roos die bordjies verhang?

Die komende naweek is D-dag vir Paul Roos se sportspanne wanneer hulle in die jaarlikse interskole teen Grey Kollege van Bloemfontein te staan kom.


Die komende naweek is D-dag vir Paul Roos se sportspanne wanneer hulle in die jaarlikse interskole teen Grey Kollege van Bloemfontein te staan kom.

Verlede jaar het Paul Roos naelskraap 32-34 in Bloemfontein verloor, maar die span hoop dat die tuisveldvoordeel, soos in 2015, vanjaar weer die wa deur die drif sal trek.

Grey Kollege het vanjaar nog net een keer verloor, en alhoewel Paul Roos ’n sukkelbegin tot die seisoen beleef het, het die span sy laaste vyf wedstryde oortuigend gewen.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.