Gaan Suid-Afrika okei wees?

Tafelberg-uitgewers en Eikestadnuus nooi jou na die bekendstelling van Gaan Suid-Afrika oukei wees?


boek

Jan Jan Joubert stel op 21 November sy boek Gaan Suid-Afrika okay wees? in die Drostdy-teater bekend.

Tafelberg-uitgewers en Eikestadnuus nooi jou na die bekendstelling van Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert. 

James-Brent Styan, skrywer van onder meer Steinhoff: Inside SA’s Biggest Corporate Crash sal met Joubert in gesprek wees.

Met die ANC se oorwinning in die 2019 verkiesing staan president Cyril Ramaphosa sterker as ooit. Hy het nou die kans om sy beloftes om korrupsie in die regering uit te roei, uit te voer. Gaan hy suksesvol wees en wat beteken dit vir Suid-Afrika en sy mense? Hoe lyk ons toekoms in Suid-Afrika met uitdagings soos die EFF se rooi gevaar, die gronddebat en rassespanning? Gaan Suid-Afrika te midde van al die woelinge staande bly? 

Joubert is ’n skrywer, joernalis en politieke kommentator. Sedert 2001 het hy vir verskeie publikasies en nuusplatforms uit die parlement berig. Hy was voorheen politieke redakteur by Die Burger, Beeld en Rapport, asook adjunk politieke redakteur by Sunday Times. Gaan Suid-Afrika oukei wees? is sy tweede boek. Die boek gaan teen 1 November op die rakke wees.

Die bekendstelling vind Donderdag 21 November om 19:00 in Drostdy-teater plaas. Kaartjies kos R60 en sluit wyn en versnaperings in. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.