VRYDAG 16 FEBRUARIE
Stellenbosch: Die liefdeslied was nog altyd die kern van gewilde musiek. Historici en musikante is reeds dekades besig om die verlore musiek uit ou beskawings na te vors en te herskep. Nataniël het gaan luister en leer en die gevolg is sy nuutste skepping, Nineveh Song – ’n versameling liedere van die begin van die beskawing tot 2024 se eerste treffers. Met tonne romantiek, splinternuwe stories en musiek – onbekend en geliefd – is Nineveh Song die perfekte gebeurtenis vir die week van Valentyn. Die vertonings tot Saterdag 17 Februarie is eksklusief aan die Drostdy-teater en word nêrens elders aangebied nie. Nataniël deel die verhoog met die Steinway-pianis Charl du Plessis. Die vertonings is elke aand om 19:00. Kaartjies kos R299 elk en kan aanlyn deur Computicket bespreek word. Geen kinders onder 15 word toegelaat nie.
Franschhoek: Die Franschhoek-kamermusiekfees vind tot Sondag 18 Februarie plaas. Die fees pronk met ’n indrukwekkende verskeidenheid talente, komposisies en ’n eksklusiewe kunsuitstalling deur die bekroonde kunstenaar Jan Vermeieren. Al die konserte word in Franschhoek se historiese NG kerk met sy onberispelike akoestiek gehou. Die fees behels 10 konserte. Kaartjies is by Quicket te koop.
SATURDAY 17 FEBRUARY
Stellenbosch: A march in support of Palestine and its people will be held at 09:00, with the group starting from the Khayamandi Taxi Rank, moving down Bird Street to Die Braak. For more details, contact Magmood Kara on 081 515 4557 or Moulana Shakier Vermeulen on 078 069 4894.
VRYDAG 23 FEBRUARIE
Pniël: Die jaarlikse Adam Small-boekefees vind by die Pniël-museum vanaf Vrydag 23 tot Sondag 25 Februarie plaas. Vanjaar se tema is “Kô hys toe”. Boek- en leesliefhebbers kan uitsien na ’n verskeinheid praatjies, lesings, werksessies en gesprekke deur bekroonde skrywers en digters soos Anzil Kulsen, Diana Ferrus, Daniel Hugo, Dominique Botha en Pieter du Toit. Meer inligting en die voorlopige program kan aanlyn by adamsmallfees.co.za gevind word.
SONDAG 25 FEBRUARIE
Stellenbosch: Die Stellenbosse sanger Luna Paige en haar mede-musikante bring die gewilde produksie van haar Afrikaanse debuut-album Storielied weer tot lewe op die verhoog van die Daisy Jones Bar. Storielied is ’n versameling liedere wat deur die literatuur van bekende Afrikaanse kortverhaal- en romanskrywers geïnspireer is. Twaalf jaar ná die bekendstelling van dié musiek kom die Storielied-span weer op die verhoog bymekaar. Hier en daar is ’n noodgedwonge verandering aan die orkes se samestelling aangebring. Alle orkeslede is nietemin meesters op hul gebied. Die deure open om 15:00 en die vertoning begin om 17:00. Kaartjies wat vooraf deur Quicket gekoop kan word, kos R175 per persoon, of R200 by die deur. Besoek www.lunapaige.com vir nog inligting.
Franschhoek: Sama-nominated cellist Carol Thorns will perform a lunchtime concert at Grande Provence Wine Estate’s art gallery at noon. She will be joined by her colleagues from the popular Afro-fusion band CODA Africa, Zami Mdingi (vocalist) and Renate Riedemann (violinist), to present an eclectic and varied programme of music. Concert tickets cost R250 per person, while concert and harvest-table tickets cost R750 per person from Quicket. For more information send an email to events@grandeprovence.co.za or visit www.redcello.co.za.
DONDERDAG 29 FEBRUARIE
Stellenbosch: Mathys Roets bring hulde aan Leonard Cohen en Koos Kombuis met sy konsert Cohen en Koos, wat om 20:15 in die Drostdy-teater te sien is. Roets het sy loopbaan 30 jaar gelede amptelik met Du Plessis en Cohen se musiek begin. Met die vertoning Hy ons man het Roets die beroep van manwees ondersoek soos Koos en Cohen dit beskryf het. Hy gaan van die sangers se bekendstes op sy besonderse manier opvoer. Kaartjies kos R240 by Computicket.
Faure: Vergenoegd Löw will celebrate the 2024 harvest with an evening of live local music, long tables on the lawn, farm-style fare and distinctive, terroir-specific wines from 18:00 to 22:00. The cost is R400 per person, which includes a glass of MCC on arrival, a three-course feast prepared by chef Drikus Brink and the Geuwels restaurant team, and live local music. Vergenoegd Löw wines will be on offer at exclusive harvest prices. Book your tickets online at vergenoegd.co.za. For more information, contact the estate on 021 843 3248 or info@vergenoegd.co.za.
VRYDAG 1 MAART
Onder-Papegaaiberg: Huis Horison maak gereed vir sy eerste 2024-Kuier&Koop@Horison-geleentheid. Belangstellendes word genooi om tussen 12:00 en 16:00 in te loer. Bring jou vriende of kollegas vir middagete vir vars boereworsrolle en pannekoek. Plante, handwerk, houtwerk, koekies, beskuit, pasteie en souttert uit die sentrum se bakkery sal te koop wees. Vir die boekwurms is die tweedehandseboekverkope oop. Rig alle navrae per e-pos aan projekte@huishorison.org.za.
Stellenbosch: Die Cape Choral Academy, naamlik die Cape Choral Strings, nooi amateur musikante en studente wat ’n snaarinstrument speel en gr.6 en hoër gekwalifiseer het, na om saam met ander musiek te kom maak by sy Sprankelsnare-strykerswerkswinkel. Die program, wat by die Stellenbosch-Welgelegen NG-kerk gehou word, is spesifiek vir tjello en viool en word in twee sessies aangebied: 15:00 tot 18:00 Vrydag 1 Maart en 09:00 tot 12:00 Saterdag 2 Maart. Dit sluit af met ’n klein konsert om 12:30. Die werksessie se hooffokus is boogtegniek, en die musiek is Danca-kamermusiek. Dit word Johanna Roos (viool) en Jessica Bailey (tjello) aangebied. Die koste is R600 per persoon. Vir nog inligting, of om te registreer, stuur ’n e-pos na strings@capechoral.com.