Sportlui gevra om goedere vir pakkies te skenk

Die braaidag van sportlui op Saterdag 14 Desember is weens onvoorsiene omstandighede van Gordonsbaai na die New Orleans-park in Paarl verskuif.


Die braaidag van sportlui op Saterdag 14 Desember is weens onvoorsiene omstandighede van Gordonsbaai na die New Orleans-park in Paarl verskuif.

Die Strand-rugbyklub hou op dieselfde dag ’n potjiekoskompetisie op die Gustrouw-sportvelde en weens ’n ander geselligheid is Roger Daniels, die voorsitter van die Strand-rugbyklub, se woning nie beskikbaar nie.

Die braaidag word deur sportlui gehou vir oud-spanmaats wat dit nie so breed het nie. Kospakkies word opgemaak en aan die spanmaat wat dit nodig het, uitgedeel. Elkeen wat die braaidag bywoon, word versoek om nie-bederfbare produkte soos blikkieskos, pasta, rys, ontbytgraankos en suiker saam te bring.

Belanghebbendes is ook welkom om iemand van hul klub of gemeenskap vir ’n kospakkie te benoem en die kospakkie sal na afloop van die braaidag aan die persoon wat die begunstigde benoem het, gegee word om dit te dan te gaan oorhandig.

Aanvanklik sou die blikkie of pakkie as hekgeld dien, maar omdat New Orleans-park gebruik gaan word, sal ’n toegangsfooi by die hek betaal moet word.

Ongeag watter sportkode belanghebbendes aan behoort het of tans aan behoort, is almal welkom om die dag met mede-sportlui om die braaier te kom geniet, ou sportstories te deel of om net weer gesellig met oudspanmaats of ander sportlui te verkeer. Elkeen moet sy eie gazebo, braaigoed en drinkdingetjie saambring en die dag kom geniet.

Dit is die tweede keer dat die braaidag gehou word en as jy voel jou bydrae van nie-bederfbare produkte kan ’n verskil in iemand se lewe oor die feestyd maak, is jy welkom om ’n draai te maak.

  • Vir meer besonderhede kan Warwick May by 072 556 1075 of Athol Ontong by 083 358 1784 gebel word.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.