Die Boord en Stellenbosch is in rou gedompel ná die skielike heengaan van die bekende Boord-inwoner Priscilla Lombard. Sy is Saterdagoggend ná ’n kort siekte in die ouderdom van 81 oorlede. Sy was veral bekend vir haar promosiewerk in verskillende winkels in Stellenbosch, Somerset-Wes en Grabouw en het in Die Boord ook bekendheid verwerf vir haar gebak. Sy word onthou vir haar vriendelikheid en behulpsaamheid. Sy was die ma van die Eikestadnuus-fotograaf Francois Lombard. Foto: