Gemeenskap oë en ore van polisie

Die Cloetesville-polisie het vanaf November tot Januarie verskeie suksesvolle operasies van stapel gestuur om die gemeenskap vry van misdaad en dwelms te hou.


Die Cloetesville-polisie het vanaf November tot Januarie verskeie suksesvolle operasies van stapel gestuur om die gemeenskap vry van misdaad en dwelms te hou.

In hierdie tydperk is daar op agt vuurwapens beslag gelê.

“Inligting was deur die gemeenskap van Cloetesville opgevolg wat tot dié sukses gelei het,” het AO Zenobia Sedeman gesê.

“Cloetesville is ’n bendegeteisterde gebied en verskeie klagtes van moord en poging tot moord was by die Cloetesville-polisie aangemeld. Daar was ook op groot hoeveelhede dwelms soos tik, Mandrax en dagga beslag gelê.”

Sedeman sê inligting wat deur die gemeenskap deurgegee word, word vertroulik en anoniem hanteer.

Die stasiekommissaris, lt.kol. Laetitia Hans, bedank die gemeenskap vir die inligting wat hulle deurgee.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.