SKOLE: Gemengde uitslae vir Paul Roos Gimnasium se krieketspanne

Die krieketspanne van Paul Roos Gimnasium het die laaste naweek (Saterdag 4 en Sondag 5 November) van spel in die eerste helfte van die 2023-’24-seisoen met gemengde uitslae geëindig.


Die krieketspanne van Paul Roos Gimnasium het die laaste naweek (Saterdag 4 en Sondag 5 November) van spel in die eerste helfte van die 2023-’24-seisoen met gemengde uitslae geëindig.

Ses van die skool se spanne het teen teenstanders van Paarl Gimnasium en die Hoërskool Porterville te staan gekom, met die drie Stellenbosse spanne (o.15B, o.14A en o.19B) wat seges aangeteken het. Die PRG o.19C-, o.19D- en o.15A-span moes ongelukkig die knie teen sy Paarl Gim- en Porterville-teenstanders buig.

In sy wedstryd het PRG se o.15B-span eerste geboul en Gim ná 24.1 boulbeurte vir net 94 lopies almal uitgehaal danksy goeie boulwerk deur Sam Kona (3/31) en Evan Kapp (3/8). Die Paul Roos-kolwers het vinnig met die teiken te werk gegaan en het hul span in die 18de boulbeurt verby die teiken geneem.

PRG het op 96/2 geëindig en die wedstryd met agt paaltjies gewen. Daniël Kriel (40*) was die beste kolwer.

In die o.14A-kragmeting het Paarl Gim ook eerste gekolf en hulle is vir 99 lopies uitgehaal. Pieter Luttig (4/13) was die beste bouler vir Paul Roos. Die Stellenbossers het op hul beurt goed gekolf en 103/5 aangeteken om die wedstryd met vyf paaltjies te beklink.

Die skole se tweede spanne het ook kragte gemeet, met PRG wat met 98 lopies as die wenners uit die stryd getree het. Die Stellenbossers het eerste gekolf en is almal vir 221 lopies uitgehaal. Christiaan de Nyscchen (72) en Nic Stuurman (30) het met die kolf geskitter.

Op hul beurt het PRG se boulers ook baie goed gevaar en hul teenstanders laat les opsê. Gimmies is almal vir 123 uitgehaal, met Keanu Williams (4/7) en Connor Wooding (3/23) wat die beste PRG-boulers was.

In die o.19C-wedstryd het PRG met 119 lopies teen Gim vasgeval, en die o.19D-span het met twee paaltjies teen die eerste span van die Hoërskool Porterville verloor. Die o.15A-span het teen Gimmies te staan gekom en met 37 lopies verloor.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.