Ansaaf Crombie, die Stellenbosch-raadslid wat ook vantevore in Klapmuts gedien het, is Dinsdagoggend (6 Maart) skielik oorlede.

“ ’n Groot akker het in die bos geval,” het die Eikestad se burgemeester, Gesie van Deventer, gesê en haar medelye met die familie en vriende van Crombie gedeel.

Van Deventer het gesê Crombie was ’n uiterse knap raadslid en ’n dierbare mens wat al sedert 2006 in die raad dien.

Sy het aanvanklik as wyksraadslid vir Klapmuts gedien en later ook as die wyksraadslid vir Vlottenburg.

Crombie is ná die 2021- munisipale verkiesing weer as DA PR-raadslid verkies, waar sy haar plaaslike gemeenskappe met toewyding en trots gedien het.

Crombie het tot op die ou einde aktief aan die werk van die raad deelgeneem.

Sy was aan die einde van verlede week nog hard besig met oorsigbesoeke aan verskeie gemeenskappe vir die jaarverslag.

Sy was uiters beginselvas, het opreg omgegee vir almal om haar en het selfs nog oor die naweek hard aan die komende tussenverkiesing in wyk 21 gewerk.

“Innah lilahi wa innah ilayhi Raaji’un,” het Van Deventer afgesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.