Dit was ’n ongelooflike geleentheid vir die leerders om uit sy ervaring te leer en het baie opkomende akteurs en redenaars geïnspireer.
Estelle Terblanche is ’n akteur, skrywer, regisseur en vervaardiger in die toneel- en rolprentbedryf. Haar stem word ook dikwels vir oorklankwerk gebruik en sy is betrokke by die redigering van tekste vir oorklankwerk en rolverdeling. Estelle se ondervinding in teater, toneelspel voor én agter die kamera sowel as talle ure op stel het haar omvattende insig in die rolprentvervaardigingsproses (wat redigering, basiese kleurkorreksie en klankredigering insluit) gegee. Sy werk tans aan twee filmtekste, twee toneelstukke, ’n televisiereeks en ’n web-reeks en het verlede Donderdag 16 Februarie ’n bewegingsessie vir Paul Roos Gimnasium se toneelgroep aangebied.
Dié sessies is deel van die skool se strategie om leerders aan nuwe leerervarings deur interaksies met kenners in die bedryf bloot te stel.