“Moenie stilbly nie. Moenie jou rug draai nie. Geweld is nie onafwendbaar nie; dit is voorkombaar.”
Dit was die openingsboodskap van Sandra Hitchcock, ’n lid van die StellSorg-raad, tydens die begin van die organisasie se jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders.
Die geleentheid is Saterdag (25 November) by die Van der Stel-sportterrein in Stellenbosch gehou, met honderde inwoners van Stellenbosch, Kylemore, Pniël, Klapmuts en Franschhoek wat die veldtog met hul teenwoordigheid ondersteun het.
Vir sy 2023-program neem StellSorg met verskeie plaaslike en provinsiale departemente, die polisie en ander organisasies hande om gesamentlik die soeklig op geweld te plaas en om bewustheid rondom die plaag wat plaaslike gemeenskappe teister te skep. Die veldtog word landswyd tot Saterdag 10 Desember gehou.
Eikestadnuus het by die geleentheid gaan inloer.
Melissa Hollenbach, ’n oorwinnaar van mishandeling en gerehabiliteerde dwelmgebruiker van Stellenbosch, het die emosies met haar getuienis geroer.
Tasmin Cupido
Asive Nyanga en haar medelede van die Sinothando Arts and Culture-groep van Franschhoek het die gehoor met hul sangtalente vermaak.
Tasmin Cupido
Jeremy Fasser, ’n raadslid en die adjunkburgemeester van Stellenbosch, het mense aangemoedig om met dapperheid “genoeg is genoeg” te sê en aan die voorpunt teen geweld teen vroue en kinders te wees.
Tasmin Cupido
Lede van die Stellenbosch-, Franschhoek- en Cloetesville-polisiekantore het ’n inligtingstafel beman.
Tasmin Cupido
Die reëlingskomitee van StellSorg het seker gemaak dat al die verrigtings vlot verloop. Van links is sers. Christopher van der Merwe (Cloetesville-polisie), Katie Joseph, LeAnne Kumalo, Pieter Hough, Rheinhardt Jonkerman, Elmarco Mathews en Elna Lendoor.
Tasmin Cupido
Die verteenwoordigers van die Stellenbosch-tak van die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling: Van links: Pedro George, Heidri van der Vyfer, Alicia van Schoor en Kelebogile Mangxola.
Tasmin Cupido
StellSorg se geslagsgebaseerde geweld-span het die verrigtinge terdeë geniet.Foto:
Van die dag se sprekers (van links) is Queen Zenani Mithi, sers. Muriel Sitzer (Franschhoek-polisie), Bettie Nieuwoudt (direkteur van StellSorg), brig. Sandile Sonjani (waarnemende distrik-kommissaris van die Kaapse Wynlande), adjunkburgemeester rdl. Jeremy Fasser, en ds. Alistaire de Klerk (polisiekapelaan).
Tasmin Cupido