Die Stellenbosch-museum, in samewerking met die e’Bosch-erfeniskomitee, bied Saterdag 17 September weer die baie gewilde kultuurhistoriese bustoer aan.
Die toer begin met ’n begeleide uitstappie deur Khayamandi, aangebied deur Mondé Myataza, waarna die bus na Vlottenburg vertrek, waar deelnemers deur Jessica Jones, wat die geskiedenis van die dorpie gaan deel, ontvang word. Van Vlottenburg af ry die bus na Jamestown, waar Chrisben February oor die geskiedenis van die dorpie sal praat. Die toer word afgesluit met ’n heerlike tradisionele middagete in Jamestown.
Deelnemers vergader om 08:30 by die Dorpsmuseum, Ryneveldstraat 18. Die bus vertrek stiptelik om 09:00 en deelnemers sal om 14:00 in die middedorp afgelaai word.
Besprekings is noodsaaklik. Die koste beloop R100 en besprekings kan gedoen word by Lamees Petersen by 021 887 2937 of 071 397 5103.


