Gholfdag ten bate van Benje Momberg

’n Jaar nadat sy lewe onomkeerbaar verander het, leef Benje Momberg nou met verskeie struikelblokke.


’n Jaar nadat sy lewe onomkeerbaar verander het, leef Benje Momberg nou met verskeie struikelblokke.

ABC Security het in ’n poging om Momberg en sy gesin te ondersteun, besluit om ’n gholfdag Vrydag 19 April ten bate van dié sakeman aan te bied.

Momberg, die seun van die bekende wynmaker Ben Momberg en Visit Stellenbosch se uitvoerende hoof, Jeanerette Momberg, is Saterdag 9 September 2023 tydens ’n voorval by Upstairs, die Van der Stel-kroeg in Du Toit-straat, waar hy ’n mede-eienaar was, geskiet (“Sakeman in roof verlam”, Eikestadnuus, 14 September 2023). Die onderneming is sedertdien gesluit.

ABC Security sê hulle streef om in die plaaslike gemeenskap aktief te wees en in die lig van Momberg se situasie met sy herstel te help.

Die koeël het glo Benje se ruggraat en long getref.

“Ons glo vas Benje se vasberadenheid en veerkragtigheid sal lei tot ’n suksesvolle herstel, en ons wil deel wees om te verseker dat hy in staat is om die doelwitte te bereik wat hy vir homself gestel het.

“Die ABC-veiligheidspan is geëerd om saam met die Stellenbosch-gemeenskap te staan ??om Benje tydens hierdie uitdagende tyd te ondersteun,” het die maatskappy luidens ’n verklaring gesê.

Momberg is in sy onderlyf verlam en gebruik ’n rolstoel. Die koeël het die voorheen kranige atleet en rugbyspeler se linkerskouerblad getref. Albei longe en sy rug het skade gely weens die skietery.

Dit blyk egter Momberg laat nie toe dat dié gebeure hom onderkry nie.

By navraag het die plaaslike polisiewoordvoerder, kapt. Nathalie Martin, gesê niemand is nog in verband met die ondersoek in hegtenis geneem nie. ’n Saak van sakeroof en poging tot moord word ondersoek.

  • Vir meer inligting of om by die gholfdag betrokke te raak, stuur e-pos na golf@abcsecurity.co.za
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.