Die Paul Roos Gimnasium-skoolgemeenskap het verlede Vrydag (20 Oktober) die matriekklas van 2023 by dié skool op wat as Z-dag bekend is, vaarwel geroep. Die dag het met die tradisionele PRG-afskeidsdiens by die Stellenbosch Moederkerk begin en is gevolg deur ’n heerlike teepartytjie en saalbyeenkoms. Ouers en onderwysers het met trots byeengekom om die gr. 12-leerders formeel op hul laaste amptelike dag van skool voor die eindeksamen te groet. Litha Mgijima, William September, Asa Hani, Josh Jordaan en Ruan Burger het, volgens tradisie, vir oulaas aan die deurraam van die Japie Krige-saal geklop.