Sewe gimnaste van die Oaks-gimnastiekklub in Stellenbosch gaan Vrydag 5 en Saterdag 6 Augustus aan die Wes-Kaapse gimnastiekkampioenskap in Saldanhabaai deelneem. Hierdie gimnaste gaan die Kaapse Wynland-span verteenwoordig nadat hul prestasies in die distriksproewe hulle ’n plek in die span besorg het. Die gimnaste is, agter: Lujain Steel, Mareece Hendrikse, Miah Fortuin en Janell Francis. Voor: Phoebe Reinhardt, Zarah Pool en Christina Steenkamp.
Gimnaste op pad na Weskus
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.