Lara Michele Stemmet, ’n gr. 8-leerder aan Hoër Meisieskool Bloemhof, het die afgelope naweek die Westelike Provinsie in die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskap in Pretoria verteenwoordig. Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt en ’n silwermedalje in vlak 8 van akrobatiese gimnastiekroetine ontvang. Sy is ook ’n lid van Acroland Gymnastics. Bo verskyn Stemmet (regs) saam met Daniella Smit (links) en Francis Nel, wat ook deelgeneem het.Foto: