By die Wes-Kaap-gimnastiekkampioenskap het die volgende seuns en meisies van Laerskool Stellenbosch gekwalifiseer om die Wes-Kaap se provinsiale span by die SA gimnastiek-kampioenskap te verteenwoordig. Die kampioenskap het die afgelope Dinsdag begin en duur tot 28 September. Antonie de Beer, Philippa Louw, Josua du Plessis, Thomas Swart, Lise de Villiers en Mika du Plessis is trots op hul prestasie.