Thomas Swart en Antonie de Beer van Laerskool Stellenbosch het onlangs aan die nasionale gimnastiekkampioenskap deelgeneem. Swart het algeheel eerste geëindig van alle ouderdomme op vlak 7. De Beer behaal algeheel ’n tiende plek vir vlak 4 in die ouderdoms­groep 9-10 jaar en ’n silwermedalje op die brug.