Die vervaardigers van die gewilde DStv-motorprogram La’t Wiel, Waldo van der Waal en Hannes Visser, het pas die La’t Wiel-avontuurwinkel buite Paarl geopen. Plaaslike bekendes in motorkringe het die naweek gaan inloer om te gaan kyk wat en hoe La’t Wiel dinge doen. Van der Waal (links) het die pasgekroonde Suid-Afrikaanse veldtydrenkampioen en voormalige Dakar-wenner, die Stellenbosser Giniel de Villiers (regs), by die winkel by die Simondium Guild verwelkom. Van der Waal en sy span vertrek Maandag 26 Desember saam met De Villiers en die res van die Toyota Gazoo Racing-renspan na Saoedi-Arabië, waar die 2023-Dakar-veldtydren op die vooraand van Oujaarsdag begin.Foto: PLAN C Productions

Credit: SYSTEM