Glimlagte en kaalvoete met skoolskoene se skenking

Matriekleerders van Hoër Meisieskool Bloemhof het Maandag 28 November vir die laaste keer aangemeld om as ’n groep saam eksamen te skryf.


Matriekleerders van Hoër Meisieskool Bloemhof het Maandag 28 November vir die laaste keer aangemeld om as ’n groep saam eksamen te skryf.

Kaalvoete was egter net so volop soos glimlagte en opgewondenheid toe die leerders hul skoolskoene sommer ook uitgetrek het as deel van ’n skenking aan die Amy Foundation.

Die Amy Foundation, voorheen die Amy Biehl Foundation, is op talle gebiede by liefdadigheidswerk betrokke. Die skoolskoene gaan versprei word aan behoeftige leerders by hul vyf na-skool programme in onder meer Gugulethu en Bonteheuwel.

“Daar is baie kinders wie se ouers nie kan bekostig om vir hul kinders skoolskoene te koop nie,” sê Michelle Bagley van die Amy Foundation.

“Hierdie skoolskoene gaan vir hulle ’n groot geskenk wees. Hulle gaan nou skoolskoene hê wat in ’n goeie toestand is waarmee hulle skool toe kan loop.”

Behalwe vir die 145 pare skoolskoene wat geskenk is, het sommige van die leerders ook tekkies en ander skoene geskenk.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.