‘Glo in jouself’ is Alison se boodskap

Dit is reeds 24 jaar sedert sy wreed aangerand, verkrag en vir die dood in die bosse buite Port Elizabeth gelaat is, maar Alison Botha se boodskap is uiteindelik een van hoop.


Dit is reeds 24 jaar sedert sy wreed aangerand, verkrag en vir die dood in die bosse buite Port Elizabeth gelaat is, maar Alison Botha se boodskap is uiteindelik een van hoop.

Alison was Maandag die gasspreker by die Hoër Meisieskool Bloemhof se viering van Wêreldboekedag waar sy die skool se leerders, personeel en sommige ouers toegespreek het.

Die geleentheid is deur Santjie van Vuuren (departementshoof: kultuur) en Venessa de Beer (bibliotekaresse) gereël terwyl Anelia Kleynhans en Louise Bührmann, twee matriekleerders, die onderhoud met Botha in Engels gevoer het.

We may not always control the circumstances that we find ourselves in, but we can always control what we do within them,” was Botha se antwoord toe daar vir haar gevra is of sy raad vir Bloemhoffers in moedelose situasies het.

Sy het veral klem gelê op die “ABC” wat haar lewe vandag oorheers: Attitude, belief en choice.

“Niemand het vandag onaangeraak hier uitgestap nie,” sê Estelle Truter, ’n matriekleerder en mediaprefek. “Sy is ’n baken van hoop in ’n baie donker wêreld.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.