Die Stellenbosch-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Halo-radio’s aan die
plaaslike polisie en die Stellenbosch-munisipaliteit se wetstoepassers help skenk.
Die radio’s is deel van Business Against Crime SA (BACSA) se Eyes and Ears-projek.
Radio’s sal ook aan die Klapmuts- en Devonvallei-plaaswagte geskenk word.
Die Halo-radio’s word in beheerkamers geplaas en is gekoppel aan die polisie se distriks-,
provinsiale en nasionale opskamer, wat dadelik ’n blitspatrollie in reaksie op ernstige
misdade uitstuur. Halo het sy radio’s geskenk, terwyl Narcus die lisensiekostes sal
borg.




You must be logged in to post a comment.