Gemeenskapsorganisasies in Cloetesville en Idasvallei word genooi om by die Cloetesville-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) aan te sluit met die doel om veiligheid in dié gebiede te versterk.
Organisasies met ’n gedeelde missie wat ook graag ’n sigbare impak of die veiligheid en welstand van die buurte wil maak, word genooi om deur hul deelname ’n veiliger en volhoubare gemeenskap te help opbou.
Deur by die Cloetesville-GPF aan te sluit, sal organisasies:
. Nou saam met die plaaslike polisie en munisipale wetstoepassing werk om die verhouding tussen gemeenskap en polisie te verbeter;
. Kragte met die polisie snoer om betekenisvolle verandering te dryf en bewustheid oor veiligheid in gemeenskappe te skep;
. Kontak met mede-organisasies, gemeenskapsleiers en wetstoepassers opbou; en
. Bydra tot die oplossing van plaaslike veiligheidskwessies en saamwerk aan oplossings wat almal bevoordeel.
Enige gemeenskapsorganisasies in Cloetesville en Idasvallei kan by die forum aansluit, indien die organisasie homself vir gemeenskapsveiligheid, welsyn, slagofferbemagtiging, godsdiens, opvoeding, kindersorg en algemene sorg beywer.
. Om ’n aansoekvorm te bekom of vir meer inligting, kontak AO Zenobia Sedeman via WhatsApp by 072 324 6386 of stuur ’n e-pos na CloetesvilleMIC@saps.gov.za.