Graad 8’s by Bloemhof verwelkom

Altesaam 142 graad 8’s het Dinsdag 8 Januarie 2019 die eerste keer in hul nuwe skooldrag die Hoër Meisieskool Bloemhof se hekke binnegestap.


Altesaam 142 graad 8’s het Dinsdag 8 Januarie 2019 die eerste keer in hul nuwe skooldrag die Hoër Meisieskool Bloemhof se hekke binnegestap.

Volgens tradisie is vier kerse vir die Klas van 2023 aangesteek en die wens uitgespreek dat hulle by Bloemhof sal blom – om soveel moontlik te beleef, maar ook om te laat gaan, om vir mekaar om te gee en met motivering te handel.

Soos verwag kan word was die nuwe Bloemhoffers op hul senuwees, en dit was oudergewoonte vir die koshuisleerders moeilik om hul ouers te groet, maar verskeie aktiwiteite is die week aangebied om die nuwelinge aan die skool en mekaar bekend te stel.

“Die verwelkoming was baie lekker,” sê Anel Ghalpie. “Ek het baie skoenlappers in my maag gehad, en al is die skoenlappers nog daar, voel ek baie gemakliker.”

Marianne Fourie, wat twee ouer susters in die skool het, stem hiermee saam. “My sussies het vir my gesê ek gaan dit love en hulle het nie gejok nie!”

Susterskap by Bloemhof strek egter verder as familiebande en die verteenwoordigende raad van leerders se doel met die verwelkomingsweek was om dié gedagte by die nuwelinge tuis te bring.

“Ons is dankbaar vir en opgewonde oor die nuwe Bloemhoffers wat by ons aangesluit het en wens hulle sterkte met hul hoërskoolloopbaan toe,” sê Katinka de Wet, die hoofmeisie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.