Dit is bevestig – die Buitelug-en-veldry-Xpo Grabouw is die eerste naweek in November net die plek om te wees vir mense wat van wiele en die buitelug hou.
En wat is ’n skou in dié deel van die land sonder vermaak, wynproe, kos vir Afrika en buitelugavonture nie?
Dié gesinsvriendelike buitelug-saamtrek bied gratis toegang vir kinders onder 12 met gratis toegang tot die kindervermaakgebied (speletjies en talle ander aktiwiteite) sowel as ’n gratis koeldrank en lekkergoedpakkie.
’n String woonwahandelaars, onder wie twee wat splinternuwe modelle kom bekendstel en wat nog nie op plaaslike bodem te sien was nie, sowel as talle ander wat alles van motors en 4×4’s tot kamptoerusting bied, sal van Vrydag 3 tot Sondag 5 November by die Elgin-buiteklub in Grabouw te sien wees.
Hoewel dié buitelugskou op hoofsaaklik dagbesoekers gemik is, is 40 kampeerplekke beskikbaar. Spring dus gou om jou staanplek by www.lrclassic.com te bespreek.
Wat dagbesoekers betref, moet kaartjies vooraf elektronies op die webwerf www.lrclassic.com gekoop word. Ouers hoef nie vir kinders onder 12 te betaal nie. Vir ouer kinders tot 18 kos dit elke dag van die skou net R20. Volwassenes betaal Vrydag en Sondag R40 (pensioentrekkers R20) en Saterdag kos dit R50 (pensioentrekkers R30). Parkering is gratis.
Dié nuwe gesinsvriendelike Buitelug-en-veldry-ekspo bied koskarretjies wat als van worsrolle, hamburgers en draairoomys tot hout-oond-pizzas verkoop.
Die 2023-Buitelug-en-veldry-ekspo Grabouw pronk met ’n groot kinderonthaalgebied, “Uncle George Kid’s Entertainment”, en speletjies en alles wat daar gebeur, word deur Pon Steyn 4×4 in Somerset Wes geborg. Gesigverf, ballonknopers, twee springkastele, inkleuraktiwiteite, kinderoppassers, TV-speletjies en talle ander doengoed is vir die kleingoed beskikbaar – alles gratis vir kinders onder 12.
Die skou, wat Vrydag van 12:00-18:00 oop is, Saterdag van 08:00 tot 18:00 en Sondag van 08:00 tot 15:00, sluit vir volwassenes ook ’n biertent in sowel as ’n baie eksklusiewe kaas-en-wynproe-geleentheid.
Die biertent is elke dag oop, en die wynproe net Saterdag en Sondag, waarvoor wynproewers R250 elk betaal. Die wyn-proe-afdeling is in die klubhuis, en net kaartjiehouers word daar toegelaat.
. Bel André by 083 640 3057 vir nog inligting.