Diereliefhebbers in en om Klapmuts is welkom om komende Dinsdag (23 September) hul katte en honde gratis teen hondsdolheid te laat inent.

Die dienste word deur die staatsveearts in die gebied gelewer.

Die veeaarts-span sal tussen 09:00 en 12:30 by die oop stuk grond op die hoek van Alexander- en Adamstraat wees en dan later die middag op die hoek van Jojo- en Adamstraat tussen 13:30 en 15:30.Almal is welkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article