Die wintersportspanne van Paul Roos Gimnasium het onlangs hul Gqeberha-broers, Grey High School, op Stellenbosch verwelkom. Dié wonderlike tradisie tussen PRG en Grey High het in 2005 amptelik begin. Dit is ‘n baie spesiale derbystryd, waar die twee skole in verskeie kodes meeding. PRG het groot suksesse behaal met hul goeie oorwinnings op die rugbyveld en ‘n paar goeie gelykopuitslae op die sokker- en hokkievelde ook. Die o.19A-rugbyspan (foto) het hul wedstryd oortuigend met 37-7 gewen. Die o.19A-sokkerspan het 1-1 gelykop gespeel, asook die o.19A-hokkiespan, wie se stryd 4-4 geëindig het. PRG se o.19A-tennisspan het ‘n 12-0-sege behaal, terwyl die eerste gholfspan met 6.5 teenoor 2.5 geseëvier het. Die PRG-landloopspan het ook gewen (telling 43-93), asook die bergfietryspan, wat 2 900 punte teenoor Grey High se 1 910 aangeteken het.

You need to be Logged In to leave a comment.