Groep maak sommer self hul buurt skoon

’n Groep inwoners het onlangs skouer aan die wiel gesit en sakke vol gemors langs die Distillery-pad en -rivier opgetel.


’n Groep inwoners het onlangs skouer aan die wiel gesit en sakke vol gemors langs die Distillery-pad en -rivier opgetel.

Dié inisiatief is deur Alex Bischoff, ’n inwoner van die Bosmans Crossing-woonstelblok, van stapel gestuur en ’n paar ander plaaslike inwoners het vinnig ingespring om te help.

Saam het die groep in September byeengekom en rommel al langs die Kromrivier, langs die woonstelblok, opgetel.

Dit blyk dat rommel wat in die rivier beland, hier in die oorgroeide walle van die rivier ophoop.

Sewe inwoners – gewapen met hul swartsakke en skenkings van versnaperings en energiedrankies – het begin skoonmaak, ten spyte van die uitdaging om by die rivierwalle in Papegaaiberg uit te kom.

Saam het die groep 25 sakke vol rommel opgetel.

Hulle het eers later uitgevind die Stellenbosch-munisipaliteit sou hierdie sakke gratis verwyder, maar die groep sê hulle sal dié reëling vir hul volgende skoonmaak onthou.

Die groep sê hulle het planne om plaaslike ondernemings te nader vir hulp en hoop om die optrede van die sewe inwoners uit te brei na ’n gemeenskaps-inisiatief wat sal help om ’n skoon omgewing te handhaaf.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.