Groet somer met kermis-pret

Huis Horison hou Saterdag 5 November sy jaarlikse somerkermis van 09:00 tot 13:00, en hulle beloof dat daar weer ’n verskeidenheid aktiwiteite en stalletjies vol lekkernye gaan wees.


Huis Horison hou Saterdag 5 November sy jaarlikse somerkermis van 09:00 tot 13:00, en hulle beloof dat daar weer ’n verskeidenheid aktiwiteite en stalletjies vol lekkernye gaan wees.

Uit Huis Horison se werkkamers is daar koekies en beskuit, houtwerk, handwerk en plante, boeke, erdeware, wit olifant-goedere en meer. Belangstellendes word genooi om ontbyt of middagete met koffie of ’n drankie te kom geniet, terwyl AcousticVibes almal met hul musiek gaan vermaak.

Kom smul ook aan allerhande vars, tradisionele eetgoed soos pannekoek, skilpadjies, roosterkoek en soveel meer, of snuffel tussen die unieke en gehalte-artikels deur. Daar sal ook ’n verskeidenheid aktiwiteite vir kinders wees, soos ’n springkasteel, tombola, treintjie en ander kermis-speletjies.

Die Horison Challenge-veldwedloop (trail run) sal ook weer gehou word. Dit begin om 07:00 en deelnemers kan kies tussen die 3 km-, 5 km- of 10 km-opsies. Vooraf- inskrywings sluit Woensdag 2 November; skryf aanlyn by www.huishorison.org.za in.

Kos-entoesiaste kan deelneem aan die potjiekoskompetisie en die beoordelaars beïndruk met hul potjies. Bobaas- potjiekosmakers kan ook aanlyn op die Huis Horison-webtuiste inskryf.

Daar is ook weer iets vir motorliefhebbers, met die uitstalling van antieke motors, en diegene op soek na vars groente kan vooraf ’n boks gevul met ’n verskeidenheid vars, plaaslike groente by www.huishorison.org.za bestel.

Daar dal op die dag Snapscan en kaartfasiliteite beskikbaar wees.

. Vir navrae, kontak Huis Horison by 021 887 5080 of bemarking@huishorison.org.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.