Die grootste bonsai-skou in Afrika vind van Vrydag 8 tot Sondag 10 November in die Stellenbosch-stadsaal plaas.
Bonsai is die ou kunsvorm van die Ooste waar bome kunstig ontwerp en in keramiekpotte geplant word om pragtige emosionele ervarings teweeg te bring.
Sowat 200 van die beste bonsai in die land sal op die skou te sien wees. Daar gaan werksessies, demonstrasies en kunstenaars van heinde en verre wees.
Die skou is oop vir die publiek van 09:00 tot 17:00; Sondag sluit dit om 15:00. Toegang vir die publiek kos R20.
- Rig alle navrae aan Willem Pretorius by 083 260 5696.