Die Stellenbosch-gimnaste is, agter van links, Danelle Groenewald (afrigter), Corné Human, Izaak Uys, Travis Giles, Kiran Condon, Marne Potgieter, Ellard Rademeyer, Paul Visser (afrigter) en Tabo Mkandawire (afrigter). Tweede ry van agter: Benjamin Ludick, Sebastiaan Jordaan, Leia Schryvers, Clara van der Vyver, Sofia Kröger, Stefan van der Waal, David Zietsman en Reinhardt Dick. Tweede ry van voor: Mareece Hendrikse, Kara van der Merwe, Lindi de Villiers, Alera Janson, Elizabeth van Zyl, Kate Bands, Xéa Kröger, Layla Kemp en Sophia Castleden. Voorste ry: Aria Sass, Amelia Nieuwoudt, Mimi Viviers, Ava-Mae Hendriksz, Layla Hagedorn-Hansen, Addison Bothwell, Luna Wessels, Shenae Cillie, Mira Snyman en Annabelle Prinsloo. Afwesig: Sienna Shedden en Neil van Schaik.


Stellenbosch Gimnastiek is trots op die span van 35 artistiese gimnaste wat vir die Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele gekwalifiseer het.

Drie afrigters en twee beoordelaars van die plaaslike klub is saam met die gimnaste gekies om by die nasionale kampioenskap diens te doen.

Vanjaar word die kampioenskap in die Wes-Kaap aangebied en die plaaslike klub, gehuisves by The Shed op die Spier-wynlandgoed, is gereed vir die week lange kompetisie, wat Maandag (23 September) begin het.

Sowat 2 500 gimnaste neem in agt verskillende gimnastiek-dissiplines deel. “Ons is bly vir die tuis-voordeel. Uiteindelik is die nasionale Spele weer in die Kaap en ons gimnaste sien baie uit na die kompetisie. Dis ook die grootste span van Stellenbosch Gimnastiek wat in die klub se 10 bestaansjare gekwalifiseer het om op die hoogste vlak op die nasionale kalender mee te ding,” sê die klubeienaar, Gerhard Swiegers.

“Baie geluk aan elkeen wat die Wes-Kaapse span gehaal het en baie dankie aan die afrigtingspan, die personeel en die gimnaste se ouers, wat dit vir die gimnaste moontlik gemaak het. Dis ’n besonderse uitdagende sport, veral op hierdie vlak.

“Ons sien uit na die kompetisie en goeie uitslae vir al die harde werk wat die afgelope jaar ingesit is,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.