Gypsy die rondloperhond gevang, word agt keer ma

’n Rondloperhond wat sedert Desember in Stellenbosch wandel en deur inwoners as “die R44-hond” gedoop is, het drie dae nadat sy deur die Animal Welfare Society Stellenbosch (AWSS) gevang is, aan agt gesonde kleintjies die lewe geskenk.

Gypsy, die rondloperhond, het Sondag die lewe geskenk aan agt gesonde klein hondjies en sterk mooi aan by die AWSS.Foto:

Credit: SYSTEM

’n Rondloperhond wat sedert Desember in Stellenbosch wandel en deur inwoners as “die R44-hond” gedoop is, het drie dae nadat sy deur die Animal Welfare Society Stellenbosch (AWSS) gevang is, aan agt gesonde kleintjies die lewe geskenk.

Die hond, wat weens haar leefstyl deur die AWSS as Gypsy gedoop is, is verlede Woensdagaand (1 Februarie) op die Bluejay-plaas buite Stellenbosch gevang. Sy het Sondag (4 Februarie) by die AWSS lewe geskenk.

Jessica Perrins van die AWSS sê hulle is op 28 Desember verlede jaar die eerste keer ingelig oor Gypsy, wat op die R44 wandel. “Haar roete was hoofsaaklik van Die Boord af, verby KFC en Mercedes om tot by Khayamandi en Cloetesville. So het sy daagliks gewandel,” vertel Perrins.

Sy sê hulle het Gypsy ’n paar keer probeer vang, maar geen sukses gehad nie. “Ons het haar in die verkeer probeer vang, maar kon haar net nie gevang kry nie, totdat ons verlede week ’n lokval gestel het.

“Sy is weer Dinsdag (31 Januarie) in die dorp gewaar en ons het haar deur die bossies tot by Bluejay-plaas agtervolg. Hulle was gaaf genoeg om ons toe te laat om die lokval vir haar te stel,” verduidelik Perrins.

Die AWSS het Gypsy uiteindelik Woensdagaand gevang. “Ons was verbaas dat sy heel kalm was toe ons haar gevang het. Ons het gedink sy sou verwilder wees, maar ’n mens kon sien sy was moeg.”

Gypsy het Sondag die lewe geskenk aan agt gesonde klein hondjies, en sterk mooi by die AWSS aan. “Gypsy en die hondjies – vyf wittes met swart kolle, een swarte met wit pote en twee sjokolade-bruines – is fris en gesond. Ons het al talle oproepe gekry van mense wat in hulle belangstel.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.