Styled by J&J, ’n haarsalon wat in die hartjie van Stellenbosch geleë is, het onlangs sy eerste bestaansjaar gevier. Die salon, wat deur Idasvallei-inwoner Joslyn Abrahams bestuur word, het uitermate gegroei. Abrahams sê kliënte stroom daagliks van oraloor in. Die salon het vanjaar vroue in die gemeenskap op Moedersdag met ’n gratis haardiens bederf, sowel as twee minderbevoorregte matriekleerlinge van die Hoërskool Lückhoff en Cloetesville Sekondêre Skool. Abrahams is dankbaar vir elke kliënt se ondersteuning en het elke klant vir hul lojale ondersteuning met ’n geskenk bederf. Chanté Grainger, ’n voormalige aktrise van Arendsvlei-faam, sê dit is onmeetbaar hoe vinnig die salon in slegs een jaar gegroei het. Volgens Abrahams beplan hulle om die salon in die nuwe jaar uit te brei. By die vierings (van links) is die haarstiliste Taylor Boer, eienaar Joslyn Abrahams, Jamy van Neel en Gwendelene Hanekom.

Credit: SYSTEM

styled by J&J

Hier staan Abrahams met haar trotse ma Jeanette en suster Hazel.Foto:

Abrahams oorhandig ’n geskenk aan Chante Grainger, die voormalige Arendsvlei.-aktrise en salon ambassadeurFoto:

You need to be Logged In to leave a comment.