Die Laerskool Stellenbosch se wiskunde-genie, Hano Krige.Foto:


Hano Krige, ’n graad 7-leerder aan die Laerskool Stellenbosch, het derde in Netwerk24 se landswye wiskundekompetisie vir laer- en hoërskole geëindig.

Hano is die naaswenner vir laerskole in Wes-Kaapland.

Dit is ’n aanlyn wiskundekompetisie vir leerders en het uit drie uitdunrondes bestaan. Hano was in die tweede ronde die enigste Stellenbosse leerder onder die top-10 in Wes-Kaapland. Die wenner in die Wes-Kaap is Kyle Cilliers van die Laerskool De Hoop (Wes-Kaap).

Al drie pryswenners het volpunte behaal. Die finale posisies is bepaal deur die tyd waarin die toets voltooi en die antwoorde ingegee is. Die drie pryswenners het letterlik sekondes van mekaar verskil.

Al drie wenners het geldpryse ontvang.

Hano is die kleinseun van twee bekende Stellenbosse ingenieurs, prof. Christo Viljoen (afgetrede dekaan van die fakulteit ingenieurswese en viserektor (Bedryf) aan die Universiteit Stellenbosch) en Johan Krige, raadgewende siviele ingenieur en later die eienaar van Caledon Villa-gastehuis. Hy is die seun van Retief en Marenka Krige.

Hano is vol lof vir sy wiskunde-onderwyseres, Johlene Fourie, van die Laerskool Stellenbosch wat gehelp het om ’n liefde vir wiskunde by hom te kweek.

You need to be Logged In to leave a comment.