Rudolph Williams en Rowina Corolissen van die Dwarsriviervallei-atletiekklub oorhandig die klub se bydrae aan Hayley Asia.Foto: Elmarine Anthony


Dwarsriviervallei se atletiekklub het ’n bydrae gelewer om ’n leerder van P.C. Petersen Primêre Skool te help om vandeesweek as deel van die Wes-Kaapse span aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap in Germiston, Gauteng, te gaan deelneem.

Die klub borg Hayley Asia, wat al verskeie merkwaardige prestasies op die atletiekbaan behaal het, gereeld.

Hayley het Saterdag 2 Maart 2019 aan die Wes-Kaapse Atletiekkampioenskap deelgeneem waar sy die eerste plek (goud) in die 80 m en as lid van die aflosspan ’n plek behaal het. Sy was ook die naaswenner (silwer) in die 100 m.

Haar ouers, Helenice en Gray Petersen, sê sy verstom mense al lank. “Sy het ons regtig verbaas,” sê haar trotse ma.

Hayley en haar afrigter, Lorenza Groeneveld, oefen elke Maandag, Dinsdag en Woensdag.

Hayley en haar ouers het hul dank aan Groeneveld vir al hul motivering en ondersteuning uitgespreek.

“Ek is baie bly dat ek ingekom het,” sê Hayley oor haar prestasie.

Die Dwarsriviervallei-atletiekklub bied padwedlope aan en ondersteun en bevorder ontwikkeling onder die jeug en bied hulp aan alle leerders in die Dwarsriviervallei wat presteer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article