Die Stellenbosch- munisipale raad het vandeesweek drie nuwe raadslede verwelkom – met ‘n bekende gesig in die groep. Die Demokratiese Alliansie (DA) se Zintle Olayi en haar nuwe kollega, Isabelle de Taillefer , is deur die speaker, Quintin Smit, en die hoofsweep, Patricia Crawley, verwelkom. By die verrigtiginge en saam met die beamptes is landdros Maya Prag. Olayi is nou ‘n proporsionele raadslid terwyl De Taillefer wyk 9 verteenwoordig. Olayi vervang ontslape raadslid Xolile Kalipa wat vroeër vanjaar oorlede is. De Taillefer op haar beurt het die pos van Zelda Dalling ingeneem nadat dié bedank het. De Taillefer was voorheen proporsionele raadslid vir die Vryheidsfront Plus (VF+), maar het bedank en oorgeloop na die DA. Sy was verkies tydens ‘n onlangse tussenverkiesing en haar ou posisies is nou deur JC MacFarlane (foto regs) vir dié party gevul.



You must be logged in to post a comment.