Die ledevergadering van die Stellenbosse Heemkring word aanstaande Woensdag (26 Oktober) om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellenbosch-Wes gehou.
Die spreker is dr. Cornelia de Kock. Haar onderwerp is: “Musiekstad, Stellenbosch”.
“Stellenbosch het ’n ryk musiekgeskiedenis. Die dorp is oor die jare heen bekend vir sy uitsonderlike kore en musici. Oor die jare heen is baie liedjies – asook liedere – geskryf, wat in besonder op Stellenbosch met sy studente en natuurskoon betrekking het.
“Oud-studente het in Europa gaan studeer en teruggekom met beroemde volksliedjies wat hulle in Afrikaans vertaal het. Die gesprek sal veral op hierdie liedereskat en vergete erfenis fokus.”
Belangstellendes is baie welkom. Aansoekvorms vir nuwe aansluitings is ook beskikbaar.