‘n Rustige atmosfeer, pragtige uitsig en heilsame kos. Dít is wat jy van ‘n besoek aan die Hoghouse Bakery and Cafe by die Spier-landgoed kan verwag.
Hierdie unieke eetplek is die nuutste toevoeging tot die Hoghouse Brewery Co. familie en kan gevind word in die Jonkershuis-gebou.
Omring deur die heldergroen grasperke en bome waarvoor Spier so geliefd is, is dit die perfekte plek vir ‘n laat ontbyt of middagete.
Indien die weer guur raak, kan besoekers na binne keer waar hulle ‘n intieme maaltyd langs ‘n kaggel kan geniet.
Die spyskaart, wat lekkernye soos gerookte salm met roereier vir ontbyt en ertjie en aspersie risotto vir middagete, is seisoenaal en die bestanddele word plaaslik geproduseer.
Hul eiers, hoenders en beesvlei asook wyne word deur Spier verskaf.
Hoghouse Bakery and Cafe is van Dinsdag tot Sondag tussen 09:00 en 17:00 oop. Vir besprekings, kontak 021 881 3174 of bread@hhbc.co.za.