Joanne Malan, die hoof by Little Blossom’s Daycare in Franschhoek, nooi ouers en kinders om die skool se “Recycling Run Walk” te ondersteun.
Die kleuterskool se projek is ’n geldinsamelingspoging vir die skool om hulpbronne aan te skaf en word op 29 April om 16:00 by die Groendal-gemeenskapsaal in Franschhoek gehou.
Die projek bied ’n unieke geleentheid vir ouers en kinders om saam te werk om ’n casual en aandrokke van herwonne materiaal te maak, terwyl hulle ’n bydrae lewer tot die skool se hulpbronbesteding.
“Hierdie projek is deel van die skool se opvoedingsprogram oor die omgewing, wat nie net bewusmaking skep oor herwinning nie, maar ook ’n gemeenskapsgees tussen ouers en kinders bevorder,” voeg Malan by.
Almal word aangemoedig om deel te neem en die geleentheid te gebruik om nuwe bande te bou en hulpbronne vir die skool te ondersteun.
Toegang beloop R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. .Kontak Joanne by 071 269 0821 of per e-pos by joannemalan2021 @gmail.com.