Help om Stellenbosch se erfenis te vier

Die e’Bosch-erfenisprojek se jaarlikse toekennings aan verdienstelike Stellenbossers sal vanjaar toegeken word aan persone wat die afgelope dekade ’n uitsonderlike invloed op enige erfenisterrein in Stellenbosch uitgeoefen het.


Die e’Bosch-erfenisprojek se jaarlikse toekennings aan verdienstelike Stellenbossers sal vanjaar toegeken word aan persone wat die afgelope dekade ’n uitsonderlike invloed op enige erfenisterrein in Stellenbosch uitgeoefen het.

In samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US) en Stellenbosch-munisipaliteit word die 12de herdenkingsjaar van e’Bosch gevier met persone wat ’n buitengewone bydrae tot die dorp se kulturele infrastruktuur gemaak het deur erfenisgebruike en instansies te ontwikkel ten bate van die gemeenskap.

Die kriteria sluit ten nouste aan by praktiese aksies wat uiting gee aan e’Bosch se Verklaring van Voorneme wat in 2012 deur die burgemeester, US-rektor en e’Bosch onderteken is.

Mense wat ’n bydrae gemaak het tot die bevordering van rekreasie- en produktiewe kultuurgebruike en uiteindelik die vestiging daarvan in erfenis, word gesoek vir die toekenning. Die gevolge van die gesamentlike viering van kultuurgebruike is mense wat mekaar beter leer ken, meer waardeer en respekteer. Uiteindelik word die sosiale weefsel of vertrouensweefsel op hierdie wyse geweef.

“Ter ere van die 12-jarige bestaan van e’Bosch het ons besluit om vanjaar te fokus op mense wat die afgelope tien jaar ’n nuwe inisiatief, organisasie, praktyk gevestig het wat aanpas by die verandering in Suid-Afrika na 1994,” sê dr. Sias Mostert, voorsitter van die e’Bosch-direksie.

“Ons maak veral staat op Stellenbosch se medewerkers om die mense te nomineer wat uitstaan in hul identifisering van behoeftes en deursien van instellings, programme en beleid om die infrastruktuur wat erfenis verteenwoordig en aan almal beskikbaar te stel.”

Nominasies sluit Donderdag 7 September. Die name van die kandidate wat kwalifiseer vir die 2023 e’Bosch-erfenistoekennings sal teen middel September aangekondig word en die toekennings sal Woensdag 20 September, tesame met die burgemeester en US-rektor, by ’n spesiale geleentheid oorhandig word.

Vir meer inligting oor die toekennings kan die volgende persone gekontak word: Matilda Burden by mb4@sun.ac.za, en vir nominasie vorms Carol Lakay by carol@ebosch.co.za.

Besoek www.ebosch.co.za vir meer inligting oor die erfenisprojek.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.