Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Historium-trust kondig die vierde Fenomenale Vroue-toekennings aan.

Hierdie toonaangewende jaarlikse geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in plaaslike gemeenskappe vier.

Benoemings is nou oop en die organiseerders nooi die publiek om onbesonge heldinne, wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland-gemeenskappe gemaak het, te benoem.

Inskrywings sluit om 16:00 op Woensdag 9 Julie.

Die beoordeling sal in Julie deur ‘n paneel vooraanstaande vroue behartig word, waarna die prysuitdelingseremonie op Woensdag 13 Augustus beloof om ‘n hoogtepunt van Vrouemaand te wees.

Die uitsonderlike prestasies van vroue wat hul gemeenskappe geïnspireer en ander gemotiveer het om na uitnemendheid te streef, sal op dié glansgeleentheid erken en gevier word.

Die doel van die Fenomenale Vroue-toekennings is om toekomstige geslagte met hoop en bemagtiging te vervul en te bewys geen perke aan wat vroue kan bereik, bestaan nie. Die gemeenskap word aangemoedig om aan die erkenning van hierdie uitsonderlike vroue en hul besonderse reise deel te neem.

Vanjaar se 10 afdelings is: landbou, vroeëkinderontwikkeling, basiese onderwys, NRO-/GOW-sektor, entrepreneur, ondersteuning, bestuur, passie, die bevordering van Afrikaans, en gestremd- hede. Beskrywings asook bepalings en voorwaardes is aanlyn beskikbaar.

Benoemingsvorms kan op die KWDM- webtuiste by capewinelands.gov.za afgelaai of by enige KWDM-kantoor of die Historium-trust in Pastorielaan, Paarl, afgehaal word. Jy kan ook die vorm ontvang deur ‘n WhatsApp-boodskap met die teks ‘Fenomenale Vroue’ na 076 017 6026 te stuur.

•  Stuur voltooide vorms per e-pos na info@historium.co.za of per WhatsApp na 076 017 6026, of handig by die Historium-trust of enige KWDM-kantoor in.

You need to be Logged In to leave a comment.