StellSorg is op soek na drie mense in verband met maatskaplike aangeleenthede en vra die gemeenskap se hulp om hulle op te spoor.
. Die 31-jarige Monique Denyssen van Cloetesville, wat tans glo in die Khayamandi-gebied bly – enigeen met inligting oor waar sy haar bevind, kan Gina Badenhorst by 021 887 2816 bel.
. Carl September en Ronelle Jacobs, vermoedelik van die Stellenbosch-omgewing – iemand wat weet waar dié twee is, word gevra om Abigail Hess by dieselfde nommer te bel.