Hannes Noëth, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.


As daar een saak is wat opnuut besef moet word, is dit die belangrike rol wat die kerk in die samelewing speel.

Dít is die mening van Solidariteit Helpende Hand, wat vanjaar sy derde Helpende Kerke-kongres aanbied.

Die eerste is in 2019 kort voor die bekendmaking van die Covid-19-inperkings aangebied. Daarna kon die instansie weens die koronavirus-pandemie vir twee jaar nie vergader nie, maar verlede jaar het dit weer in Pretoria plaasgevind. Vanjaar is die geleentheid terug en word dit die eerste keer in Kaapstad aangebied. Die tema vir 2023 se Helpende Kerke-kongres is “Christus se kerk – van agenda tot praktyk”.

Hannes Noe¨th, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, se^ die doel van die kongres is om ’n platform vir rolspelers te skep om saam te dink oor die opdrag om na mekaar om te sien en om saam te beplan hoe die samelewing die opdrag om mekaar lief te he^ en te versorg, kan uitvoer.

“Solidariteit Helpende Hand fokus op gemeenskapsontwikkeling, en ons is terdeë¨ bewus daarvan dat dit nie moontlik is om gemeenskappe te ontwikkel sonder om die kerk se rol in die samelewing te beklemtoon en te bevestig nie,” se^ Noe¨th.

Die kongres vind op Donderdag 25 Mei van 08:00 tot 15:00 op die Vredenheim-wynlandgoed buite Stellenbosch plaas, asook op Donderdag 1 Junie – ook van 08:00 tot 15:00 – by die Batterboys Village, Montana.

Gouspringkaartjies is vir beide kongresse beskikbaar tot die Vrydag 12 Mei en die kostes beloop R280 per persoon en R250 per persoon indien drie of meer van dieselfde instansie kaartjies vir die kongres bespreek. Ná 12 Mei is die kaartjies R350 per persoon en indien meer as drie kaartjies terselfdertyd deur dieselfde instansie aangekoop word, sal die koste slegs R300 per persoon beloop.

Alle kaartjies sluit ’n ligte ontbyt en middagete in.

Die program beloof om baie insiggewend te wees. Dit gaan fokus op die wie, wat, waar en hoe van kerkwees, die kerk in die gemeenskap, die kerk en gemeenskapsontwikkeling, die kerk en gawes in die gemeente en die kerk in teorie en praktyk. Die inligting sal veral van nut wees vir kerke se voorsitters, kerkraadslede, leraars, pastore, diakoniee¨ en welsynsgroepe. Alle belangstellendes is welkom, maar slegs ’n beperkte aantal plekke is beskikbaar.

“Kom neem deel aan ons gesprek oor roeping, fokus, strukture, rooiligte en vreugdes in die bou van ’n gemeenskap,” spoor Noe¨th aan.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos-versoek na kerke@helpendehand.co.za; of registreer aanlyn by www.helpendekerke.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.