Dié junior debatspan van die Hoër Meisieskool Bloemhof is Vrydag 9 September as die wenner van die junior afdeling van die Wes-Kaapse Dink of Sink-onvoorbereide debatkompetisie gekroon. Die kompetisie is by die Hoërskool D.F. Malan in Bellville gehou en junior en senior spanne van die gasheerskool en die hoërskole Parel Vallei, Stellenberg, Stellenbosch, Hugenote, Paarl Gimnasium, Jan van Riebeeck, Tygerberg, Worcester Gimnasium, Langenhoven, Swartland, Durbanville, Paul Roos Gimnasium en Bloemhof het deelgeneem. Ná ’n fel debat tussen die twee beste junior spanne, het (van links) Mieke Jonker, Delinda Quinot en Emeri Botes as die wenners teen die span van die Hoërskool Parel Vallei uit die stryd getree. Die eindronde van die senior debat is deur die span van die Hoërskool Durbanville gewen, met Paul Roos Gimnasium tweede. Die nasionale kompetisie word Saterdag 8 Oktober in Centurion gehou.Foto: