Altesaam 18 leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het verlede naweek (3-5 Maart) die Boland-atletiekspan by die Wes-Kaap-hoërskoolkampioenskap verteenwoordig. Sewe van dié atlete is in die provinsiale span opgeneem wat van 15 tot 18 Maart aan die SA skolekampioenskap in Gauteng gaan deelneem. Simone van der Merwe (800 m, meisies o.15), Lida Engelbrecht (300 m-hekkies, meisies o.15), Alecia Stander (hoogspring, meisies o.15), Zahni Smit (200 m, meisies o.17), Lara Ehlers (400 m, meisies o.17), Lana Oberholzer (100 m- hekkies, meisies o.17), Janke-Martine Viljoen (400 m, meisies o.17) is gereed vir aksie. Foto: Stephan Meyer