Die Hoër Meisieskool Bloemhof se nuwe tennisseisoen het met ’n hoogtepunt begin to vyf van dié skool se tennisspelers die naweek van Vrydag 7 tot Sondag 9 Oktober aan die Synergy Cup-interprovinsiale tennistoernooi in Kimberley as deel van die Cavaliers-o.15A-span deelgeneem het. Hulle het uitstekend gespeel en die WP-, Eden- en Noord-Kaap-streke geklop. Hulle was dus die algehele wenners van die toernooi. Jana van Tonder en Mari-Anna van Rooyen het 7 Oktober vir die Cavaliers se o.15B-tennisspan in Moorreesburg teen die WP op die baan gestap en al hul wedstryde gewen. Hulle het enkels, dubbels en gemengde dubbels gespeel. Die spelers is Jana van Tonder, Mari-Anna van Rooyen, Marlia Nel, Lara Potgieter, Marline Stoop, Leentjie Kieviet en Mari Steyn. Foto: