Hoekom doen die raad niks aan die morsige parkie nie?

Ek woon naby ’n speelpark in The Ridge en kan my kinders duidelik uit my huis sien as hulle in die nabygeleë speelparkie sou kon speel.


Ek woon naby ’n speelpark in The Ridge en kan my kinders duidelik uit my huis sien as hulle in die nabygeleë speelparkie sou kon speel.

Ongelukkig kan hulle nie want die park is besmet met stukkende bottels weens mense wat net afbreek en mors. Hulle sit helder oordag van die oggendure tot laat in die nagte en drink alkohol.

Hulle los die gebreekte bottels en tikdwelmsakkies net so gestrooi. Dit maak dit onaangenaam en onveilig vir ons kinders wat so graag in die parkies wil speel.

Dit is een van die beste aktiwiteite naby ons huise vir ons kinders, maar dis onmoontlik vir ons kinders om in die gemors te speel.

Jy sien die stadskoonmakers so min in die omgewing en as hulle kom, word dit nie deeglik gedoen nie. Ek het baie lus en begin skiet op die morsjorse wat ons buurt so afbreek.

Een van die ouens wat deel is van ’n groep wat so sit en die tikdwelms gebruik in die speelparkie, werk so wrintie by die dorpsbiblioteek. Munisipaliteit nogal!

Ek is baie ontsteld.

VUIL PARKIE, IDASVALLEI

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.