Hoërskool Lückhoff bied aan: Mnr. en Mej. Matriek

Die Hoërskool Lückhoff hou op Donderdag 27 Julie sy eerste Mnr. en Mej. Matriek modeskou-kompetisie. Die kompetisie is een van talle geldinsamelingsprojekte van die skool om die sowat 118 graad 12-leerders te help subsidieer in areas waar hulle dit nie kan bekostig nie.


Die Hoërskool Lückhoff hou op Donderdag 27 Julie sy eerste Mnr. en Mej. Matriek modeskou-kompetisie.

Die kompetisie is een van talle geldinsamelingsprojekte van die skool om die sowat 118 graad 12-leerders te help subsidieer in areas waar hulle dit nie kan bekostig nie.

Stellenbosch

Abigail Neft
Stellenbosch

Alicia Sande
Stellenbosch

Ashleen Klink
Stellenbosch

Asibabale Hlanjwa
Stellenbosch

Caitlin Petersen
Stellenbosch

Carmia Smith
Stellenbosch

Chad Adams
Stellenbosch

Declan Pasquallie
Stellenbosch

Dominique van Wyk
Stellenbosch

Erin Duisel
Stellenbosch

Juwayde Fortuin
Stellenbosch

Keagan van der Vent
Stellenbosch

Khanya Ngubane
Stellenbosch

Kiara Fisher
Stellenbosch

Kichia Joachim
Stellenbosch

Kingsley Abrahams
Stellenbosch

Liam Rhode
Stellenbosch

Mezhaan Muller
Stellenbosch

Miche van Reenen
Stellenbosch

Mihle Booi
Stellenbosch

Nikita Prins
Stellenbosch

Patrick Fillies
Stellenbosch

Prisca Manzambi
Stellenbosch

Quinton Swarts
Shuaib Biscombe

Shuaib Biscombe
Stellenbosch

Vuyisile Masimini
Stellenbosch

Willjay Lindoor

Volgens Leticia Smith-Simmerey, ’n koördineerder van die modeskou, is dit die eerste keer dat die skool ’n Mnr. en Mej. Matriek hou, iets heel anders as die gewone Mnr. en Mej Lückhoff wat jaarliks gehou word.

“Die doel van die geleentheid is om alle matrieks te subsidieer by toekomstige geleenthede soos byvoorbeeld hul matriek baadjies en matriekafskeid. Ons wil eenvormigheid hê en ook nie hê enige leerders moet uitgesluit voel weens omstandighede nie,” sê Smith-Simmerey.

“Ons het in die eerste kwartaal ’n karakter-dag by die skool gehad waar ons leerders soos hul gunsteling karakter aangetrek het. Ons het ook verkope tydens pouses gehad as ons eerste klein poging om geld in te samel. Die mode-vertoning is ons eerste groot poging en ons beoog om ’n disco ook te hou vir die gemeenskap as deel van die geldinsameling,” voeg sy by.

Kaartjies vir Donderdag se vertoning is R50 per persoon en kan by die deur ook betaal word. Die geleentheid begin stiptelik om 18:00 by die Lückhoff-skoolsaal. Daar sal ook verversings te koop wees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.