Hoërskool Stellenbosch se o.19-meisies- en seunshokkiespanne neem al van gister (Woensdag 20 Maart) tot Saterdag 23 Maart aan die Menlopark-hokkietoernooi deel. Die meisiespan is voor van links: Anika Horn, Jamie-lee Adams, Cara Kilian, Skye Zupan, Liezl Kilian (afrigter), Kayla Smit, Tasya Pretorius en Alida van der Spuy. Agter is Lilo van Wyk, Nadia Lochner, Charlise Prins, Naomie le Roux, Nicola Ellis, Mariska Goliath, Johané de Goede, Karla Nel en Ester de Wet.