Vier van die agt o.13-seuns en -meisies van Laerskool Eikestad wat hierdie jaar aan Boland-hokkieproewe deelgeneem het, is in spanne opgeneem. Logan Marthinus en Hano Basson is in onderskeidelik die Boland ITP-meisie- en -seunspan opgeneem. Hulle gaan in die Julie-vakansie aan die interprovinsiale toernooi in Pietermaritzburg deelneem. Ruan de Weerdt en Elias de Waal is in die Bolandse Barlinka-streekspan opgeneem en gaan aan ’n toernooi by Paarl Gimnasium deelneem. Van links is Ruan, Hano, Logan en Elias.


Hokkiespelers gaan vir Boland uitdraf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article