Die Stellenbosch-krieketklub het Maandag 3 Januarie ’n ruim skenking van niebederfbare produkte aan Stellenbosch-hospies geskenk. Die produkte is met die opbrengs gekoop van die onlangse ses-aan-’n-kant-kriekettoernooi wat deur die klub aangebied is. Elke span wat ingeskryf het, sowel as bestuurslede, het R100 ekstra gegee om by te dra vir dié skenking. Die klub beoog om meer soortgelyke projekte in die toekoms aan te pak. Yvenne Joubert, Brian Minnis (SKK-voorsitter) en Helderrose Swarts is baie opgewonde oor die skenking.Foto:


Hospies kry ruim skenking van krieketklub

You need to be Logged In to leave a comment.